Spring na inhoud

Van links na regs: Wiktor Sjipilof (regsgeleerde), broer Konstantin Bazjenof, suster Snezjana Bazjenowa, suster Vera Zolotowa, Wiktor Zjenkof (regsgeleerde) en Maksim Nowakof (regsgeleerde)

17 NOVEMBER 2020 | BYGEWERK: 1 FEBRUARIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – NUWE UITSPRAAK | Russiese hof verwerp appèl van drie Getuies

JONGSTE NUUS – NUWE UITSPRAAK | Russiese hof verwerp appèl van drie Getuies

Op 31 Januarie 2023 het die Kamtsjatka-streekhof weer ’n opgeskorte vonnis van twee jaar gegee in die saak waarby Konstantin, sy vrou, Snezjana, en Vera betrokke is. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 15 Desember 2022 het die Regterlike Raad van Kriminele Sake van die Hooggeregshof van Rusland die uitspraak om broer Konstantin Bazjenof, sy vrou, Snezjana, en suster Vera Zolotowa vry te spreek, nietig verklaar. Hulle saak sal nou teruggaan na die appèlstadium. Verteenwoordigers van ten minste ses buitelandse ambassades het die verhoor bygewoon om Jehovah se Getuies te ondersteun.

Op 10 Junie 2022 het die Negende Algemene Hof van Hersiening die aanklaer se versoek verwerp om Konstantin, Snezjana en Vera se vryspraak, nietig te verklaar. Die aanklaer het geappelleer by die Hooggeregshof van Rusland.

Op 18 Januarie 2022 het die Kamtsjatka-streekhof die tweede appèl van Konstantin, sy vrou, Snezjana, en Vera bekragtig. Hulle was dadelik vrygespreek van alle aanklagtes. Al drie Getuies het nou die reg om vergoeding te soek omdat hulle onwettig skuldig bevind is. Die aanklaer sal teen die uitspraak appelleer.

Op 17 November 2020 het die Kamtsjatka-streekhof die appèl verwerp in die saak waarby Konstantin, sy vrou, Snezjana, en Vera betrokke is. Hulle oorspronklike opgeskorte tronkvonnis van twee jaar sal nou begin. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Hulle al drie bly getrou en gelukkig.

Aan die einde van die oorspronklike verhoor op 25 September 2020 het broer Bazjenof moedig vir die regter gesê dat hy nie bang is om skuldig bevind te word nie. Hy het ook gesê dat dit vir hom ’n voorreg is om deel te wees van die vervulling van Johannes 15:20, waar Jesus voorspel het dat sy dissipels vervolg sou word.

Broer Bazjenof het die hof toe daaraan herinner dat Jesus in Matteus 28:19, 20 sy dissipels beveel het om te preek. Broer Bazjenof het die kragtige vraag gevra: “Wie het die reg om Christus se bevel te kanselleer of te verbied?” Hy het toe gesê: “Ek sal nie kan stilbly nie. . . . Ek sal aanhou om die goeie nuus van die Bybel te verkondig.”