Spring na inhoud

Die Koeznetski-distrikshof van Nowokoeznetsk in die Kemerowo-streek

20 FEBRUARIE 2023 | BYGEWERK: 14 JULIE 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | ‘Daar is niks wat ek nie kan oorkom nie’

JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | ‘Daar is niks wat ek nie kan oorkom nie’

Op 11 Julie 2023 het die Koeznetski-distrikshof van Nowokoeznetsk suster Ljoebof Serebrjakowa skuldig bevind en haar ’n opgeskorte vonnis van vier jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ljoebof vertrou op Jehovah en is seker dat ‘hy vir haar sal optree’. Dit is ’n uitstekende voorbeeld vir ons om na te volg wanneer ons soortgelyke uitdagings het. – Psalm 37:5.

Tydlyn

  1. November 2019-2020

    ’n Hele paar Getuies van Jehovah in Nowokoeznetsk is dopgehou en hulle gesprekke is afgeluister deur middel van oudio- en video-opnames

  2. 8 Julie 2022

    ’n Kriminele ondersoek is begin omdat Ljoebof vergaderinge van Jehovah se Getuies bygewoon het en oor die Bybel met ander gepraat het

  3. 26 Julie 2022

    Aangekla vir die deelname aan bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie. Onder reisbeperkings geplaas

  4. 21 September 2022

    Kriminele saak begin

a ’n Foto van suster Serebrjakowa was nie beskikbaar toe hierdie artikel gepubliseer is nie.