26 JULIE 2023 | BYGEWERK: 20 DESEMBER 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | ‘Jehovah is altyd na aan my’
Op 19 Desember 2023 het die Dimitrofski-distrikshof van Kostroma suster Walentina Samoes skuldig bevind en haar ’n opgeskorte vonnis van ses jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Dit is vertroostend om te weet dat ons altyd op Jehovah kan vertrou in moeilike tye. Ons het die vertroue dat daar “geen rots soos ons God [is] nie”. – 1 Samuel 2:2.
Tydlyn
17 Februarie 2022
Kriminele saak word gemaak
15 Maart 2022
Huis word deursoek
15 Desember 2022
Word krimineel aangekla en onder reisbeperkings geplaas
24 Maart 2023
Kriminele verhoor begin