17 JANUARIE 2023 | BYGEWERK: 17 APRIL 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | ‘Jehovah is altyd naby my’
Op 17 April 2023 het die Metalloergitsjeski-distrikshof van Tseljabinsk suster Olga Zjelafskaja skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Ons is vol vertroue dat maak nie saak watter probleme ons ondervind nie, Jehovah se knegte “altyd standvastig [sal] wees” met sy liefdevolle ondersteuning. – Psalm 16:8.
Tydlyn
16 Junie 2018
Owerhede begin om Olga se gesprekke af te luister en om haar huis en haar aktiwiteite dop te hou
26 Maart 2019
Haar huis word deursoek as gevolg van die ondersoek van broer Wladimir Soeworof
31 Augustus 2021
Kriminele saak is begin. Aangekla van die ondersteuning van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie deur vergaderinge in haar huis te hou
22 Oktober 2021
Kry ’n beroerte en word in die hospitaal opgeneem
28 September 2022
Kriminele saak het begin