21 MAART 2024 | BYGEWERK: 12 APRIL 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTER SKULDIG BEVIND | “Jehovah sal altyd vir ons sorg”
Op 12 April 2024 het die Tsentralni-distrikshof van Prokopjefsk in die Kemerowo-streek suster Jelena Tsjernich skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gegee. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Dit vertroos ons om te weet dat Jehovah nie “verander nie”. Hy sal aanhou om “elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk” te voorsien om ons te help om selfs die moeilikste tye te verduur. – Jakobus 1:17.
Tydlyn
12 Julie 2020
Huis word deursoek. Jelena en Joeri word albei ondervra
25 Mei 2023
Kriminele saak word gemaak
15 Augustus 2023
Word onder reisbeperkings geplaas
9 Oktober 2023
Kriminele verhoor begin