9 DESEMBER 2022 | BYGEWERK: 25 APRIL 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTER WORD BOETE GEGEE | ‘Ernstige gebed help my’
Op 25 April 2023 het die Metalloergitjeski-distrikshof van Tsjeljabinsk suster Irina Michailenko skuldig bevind. Sy het ’n boete van 120 000 roebel (meer as R27 000) gekry.
Profiel
Ons word aangemoedig deur Irina se ywer en vertroue in Jehovah, wat aanhou om “die lewe van sy lojales” te bewaar. – Psalm 97:10.
Tydlyn
26 Maart 2019
Die huise van tien families van Jehovah se Getuies in die Tsjeljabinsk-omgewing word deursoek, insluitende Irina se huis
31 Augustus 2021
Kriminele saak word gemaak
22 Oktober 2021
Huis word weer deursoek. Word vir ondervraging weggeneem. Word onder reisbeperkings geplaas
27 Oktober 2021
Word amptelik aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n godsdiensorganisasie wat verbied is
7 September 2022
Kriminele verhoor begin