14 SEPTEMBER 2023 | BYGEWERK: 22 SEPTEMBER 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – SUSTERS SKULDIG BEVIND | Drie susters word deur gebed versterk
Op 21 September 2023 het die Zeja-distrikshof van die Amoer-streek suster Margarita Moisejenko, Galina Jatsik en Jelena Jatsik skuldig bevind. Suster Margarita het ’n opgeskorte tronkvonnis van drie jaar gekry, suster Galina ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar en suster Jelena ’n opgeskorte tronkvonnis van twee en ’n half jaar. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Die ondervindinge van ons susters herinner ons daaraan dat Jehovah ons gebede hoor en ons sal help om die eienskappe wat ons nodig het, te ontwikkel sodat ons enige moeilike tye kan oorkom. – 1 Johannes 5:14.
Tydlyn
21 Maart 2019
Die Moisejenko-gesin se huis word deursoek
13 Oktober 2020
Jelena en Galina se huise word deursoek
22 November 2021
Kriminele saak word gemaak
15 Februarie 2022
Word onder reisbeperkings geplaas
24 April 2023
Kriminele verhoor begin