Spring na inhoud

Kloksgewys van links bo: Suster Maja Karpoesjkina; broer Nikolai Polewodof; broer Witali Zjoek en sy vrou, Tatjana; broer Stanislaf Kim; suster Swetlana Sedowa

23 MAART 2022 | BYGEWERK: 24 JUNIE 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKSTRAF EN OPGESKORTE VONNISSE WORD GEGEE | Jehovah ondersteun ses getroue broers en susters

JONGSTE NUUS – TRONKSTRAF EN OPGESKORTE VONNISSE WORD GEGEE | Jehovah ondersteun ses getroue broers en susters

Op 20 Junie 2024 het die Indoestrialni-distrikshof van die Chabarowsk-gebied suster Maja Karpoesjkina, broer Stanislaf Kim, broer Nikolai Polewodof, suster Swetlana Sedowa, broer Witali Zjoek en sy vrou, Tatjana, skuldig bevind. Maja het ’n opgeskorte tronkvonnis van vier jaar gekry. Swetlana en Tatjana het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van vyf jaar gekry. Die susters hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Stanislaf, Witali en Nikolai is onderskeidelik tot agt jaar en twee maande, agt jaar en vier maande en agt jaar en ses maande tronkstraf gevonnis. Dit is die swaarste tronkvonnisse wat gegee is vandat ons werk in 2017 verbied is. Die broers is in die hof in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 10 November 2018

    Die owerhede het ’n partytjie met omtrent 55 mense by ’n koffiewinkel opgebreek. Almal wat daar was, insluitende kinders, is ondervra, en hulle vingerafdrukke is geneem. Daar is ook foto’s van hulle geneem

  2. 12 November 2018

    Stanislaf, Nikolai en Witali word na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor gestuur. Maja, Swetlana en Tatjana word onder reisbeperkings geplaas

  3. 14 Januarie 2019

    Nikolai en Witali word uit die detensiesentrum voor hulle verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  4. 29 Januarie 2019

    Stanislaf word uit die detensiesentrum voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  5. 18 Julie 2019

    Die saak word by die Indoestrialni-distrikshof van die Chabarowsk-gebied ingedien

  6. 2 Augustus 2019

    Nikolai word uit huisarres vrygelaat

  7. 9 September 2019

    ’n Afsonderlike saak waarby Stanislaf en Nikolai betrokke is, word by die Zjeleznodorozjni-distrikshof van Chabarowsk ingedien

  8. 5 November 2019

    Nikolai word onder reisbeperkings geplaas

  9. 18 Januarie 2020

    Stanislaf en Witali word uit huisarres vrygelaat

  10. 4 Februarie 2020

    Stanislaf en Nikolai word in die afsonderlike saak skuldig bevind. Albei word ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gegee en op parool vrygelaat deur die Zjeleznodorozjni-distrikshof van Chabarowsk

  11. 3 Augustus 2020

    Die saak waaroor die Indoestrialni-distrikshof moes beslis, word terugverwys na die aanklaer se kantoor. As gevolg hiervan het die aanklaer besluit om appèl aan te teken

  12. 29 September 2020

    Die Chabarowsk-streekhof het die aanklaer se appèl oorweeg. Stanislaf en Nikolai word toegelaat om met die regter te praat. Hulle het gesê dat die Russiese Federasie, soos baie ander lande in die wêreld, internasionale ooreenkomste geteken het wat sê dat hulle nie hulle burgers se regte en vryheid om te aanbid, sal skend nie

  13. 12 Oktober 2020

    Die Chabarowsk-streekhof het saamgestem met die uitspraak van die Indoestrialni-distrikshof, en die saak word terugverwys na die aanklaer se kantoor

  14. 15 Desember 2021

    Die saak word weer by die Indoestrialni-distrikshof ingedien

Profiel

Ons weet dat Jehovah sal aanhou om hierdie kosbare broers en susters te ondersteun, sowel as al die ander wat vandag deel is van die “groot wolk van getuies”. – Hebreërs 12:1.