Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Wladimir Melnik, Wladimir Piskaref en Artoer Poetintsef

20 MEI 2022 | BYGEWERK: 17 OKTOBER 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKSTRAF OPGELÊ | Families verduur vervolging met Jehovah se hulp

JONGSTE NUUS – TRONKSTRAF OPGELÊ | Families verduur vervolging met Jehovah se hulp

Op 13 Oktober 2023 het die Sowietski-distrikshof van die stad Oriol broer Wladimir Melnik, Wladimir Piskaref en Artoer Poetintsef skuldig bevind. Hulle het elkeen ’n tronkstraf van ses jaar ontvang. Al drie broers is sedert Desember 2020 in aanhouding en sal in die tronk bly.

Tydlyn

  1. 8 Desember 2020

    ’n Kriminele saak is teen broer Melnik, Piskaref en Poetintsef gemaak

  2. 9 Desember 2020

    Polisiebeamptes deursoek die huise van agt gesinne wat Jehovah se Getuies is, in Oriol, insluitende die huise van die drie broers. Hulle is na ’n tydelike detensiefasiliteit gestuur

  3. 11 Desember 2020

    Broer Melnik en Piskaref is na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor gestuur

  4. 14 Desember 2020

    Broer Poetintsef is na ’n detensiesentrum voor sy verhoor gestuur

  5. 19 Januarie 2021

    Die owerhede is in kennis gestel dat broer Piskaref verskeie ernstige mediese probleme het, maar hy is mediese behandeling en medikasie geweier

  6. 21 Januarie 2021

    Broer Piskaref is toegelaat om medikasie te kry wat sy vrou gebring het, maar hy was nog steeds mediese behandeling geweier

  7. 24 Junie 2021

    Broer Piskaref word by ’n hospitaal ondersoek, en daar is bevind dat hy ’n beroerte gehad het. Ten spyte van sy mediese toestand is hy na die detensiesentrum voor sy verhoor teruggeneem

  8. 29 Oktober 2021

    Die broers word amptelik aangekla dat hulle die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie reël

  9. 31 Januarie 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Alhoewel hierdie families tydelik geskei is, word ons vertroos omdat ons weet dat niks hulle van Jehovah se liefdevolle sorg en beskerming kan skei nie. – Romeine 8:38, 39.

a b c Omdat broer Melnik, Piskaref en Poetintsef in aanhouding is voor hulle verhoor toe hierdie artikel geskryf is, was dit nie moontlik om kommentare van hulle te kry nie.