8 APRIL 2022 | BYGEWERK: 16 FEBRUARIE 2023
RUSLAND
JONGSTE NUUS – TRONKSTRAF | ’n Pa in aanhouding sorg vir sy gesin se geestelike behoeftes
Op 15 Februarie 2023 het die Sowetski-distrikshof van Kazan broer Konstantin Sannikof skuldig bevind en hom ’n tronkvonnis van ses en ’n half jaar gegee. Hy is vanaf Augustus 2020 in aanhouding voor sy verhoor en sal in aanhouding bly.
Tydlyn
25 Augustus 2020
Kriminele saak word gemaak nadat speurders in die geheim afluisterapparate in Konstantin se huis geïnstalleer het. Die owerhede beskou Bybelbesprekings by sy huis as die organisering van ekstremistiese bedrywighede
27 Augustus 2020
Word gearresteer en onmiddellik in aanhouding voor sy verhoor geplaas
26 Mei 2021
Die hof verbied sy vrou om hom te besoek en hou aan om haar versoeke af te keur
20 Augustus 2021
Kriminele verhoor begin
Profiel
Terwyl Konstantin aanhou om vir sy gesin se geestelikheid te sorg al is hy in aanhouding, is ons oortuig dat Jehovah ook nooit sal ophou om “vir sy eie mense [te] sorg nie”. – 1 Timoteus 5:8.
a Omdat broer Sannikof op die oomblik in aanhouding is voor sy verhoor, was dit nie moontlik om kommentare van hom te kry nie.