Spring na inhoud

Broer Sergei Ananin

16 MEI 2022 | BYGEWERK: 3 APRIL 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKVONNIS | Sergei Ananin versterk sy vertroue in God

JONGSTE NUUS – TRONKVONNIS | Sergei Ananin versterk sy vertroue in God

Op 31 Maart 2023 het die Belowo-stadshof van die Kemerowo-streek broer Sergei Ananin skuldig bevind en hom ’n tronkvonnis van ses jaar gegee. Hy is in die hof in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 9 Februarie 2021

    Kriminele saak word gemaak. Word aangekla van die ondersteuning van die bedrywighede van ’n ekstremistiese organisasie

  2. 14 Februarie 2021

    Word gearresteer en in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  3. 16 Februarie 2021

    Word onder huisarres geplaas

  4. 25 Januarie 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Ons is oortuig dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Rusland en al sy lojale knegte op die aarde lief te hê, te help en grootliks te beloon. – Maleagi 3:10.