Spring na inhoud

Van links na regs: Suster Ljoebof Galitsina en broer Garegin Chatjatoerjan en Geworg Jeritsjan

8 APRIL 2024 | BYGEWERK: 1 JULIE 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKVONNISSE | Hulle ervaar Jehovah se sorg terwyl in aanhouding voor verhoor

JONGSTE NUUS – TRONKVONNISSE | Hulle ervaar Jehovah se sorg terwyl in aanhouding voor verhoor

Op 26 Junie 2024 het die Nowotjerkassk-stadshof van die Rostof-streek suster Ljoebof Galitsina en broer Garegin Chatjatoerjan en Geworg Jeritsjan skuldig bevind. Ljoebof het ’n tronkstraf van twee jaar en drie maande gekry, maar as gevolg van die tyd wat sy in aanhouding voor haar verhoor was, is haar vonnis uitgedien. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie. Garegin is tot ’n tronkstraf van ses jaar en ses maande gevonnis, en Geworg tot ’n tronkstraf van ses jaar en twee maande. Albei broers sal in aanhouding bly.

Profiel

Hoewel ons teenstanders ons kwaad wil aandoen, is ons oortuig dat Jehovah sal aanhou om sy lojale knegte te seën en sal seker maak dat dinge “’n goeie uiteinde” sal hê. – Genesis 50:20.

Tydlyn

  1. 11 Augustus 2022

    Kriminele saak word teen Ljoebof, Garegin en Geworg gemaak. Hulle huise word deursoek. Garegin en Geworg word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  2. 12 Augustus 2022

    Garegin en Geworg word na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor oorgeplaas

  3. 16 Augustus 2022

    Ljoebof word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  4. 17 Augustus 2022

    Ljoebof word na ’n detensiesentrum voor haar verhoor oorgeplaas

  5. 20 September 2023

    Kriminele verhoor begin

  6. 25 Desember 2023

    Ljoebof word uit aanhouding voor haar verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

a b Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Chatjatoerjan en Jeritsjan in aanhouding voor hulle verhoor en was dit nie moontlik om hulle persoonlike kommentare te kry nie.