Spring na inhoud

Boonste ry (van links na regs): Broer Ivan Tsjaikofski en Joeri Tsjernisjef

Onderste ry (van links na regs): Broer Witali Komarof, Sergei Sjatalof en Vardan Zakaryan

7 JUNIE 2022 | BYGEWERK: 3 APRIL 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKVONNISSE | Vertroue op Jehovah help broers om te volhard

JONGSTE NUUS – TRONKVONNISSE | Vertroue op Jehovah help broers om te volhard

Op 31 Maart 2023 het die Baboesjkinski-distrikshof van Moskou broer Ivan Tsjaikofski, Joeri Tsjernisjef, Witali Komarof, Sergei Sjatalof en Vardan Zakaryan skuldig bevind. Ivan, Joeri, Witali en Sergei is elkeen tot ses jaar en drie maande tronkstraf gevonnis. Vardan is tot vier jaar en drie maande tronkstraf gevonnis. Hulle is in die hof in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 24 November 2020

    Ten minste 20 huise van Jehovah se Getuies in Moskou word deur die Russiese owerhede deursoek. Ivan, Joeri, Witali en Sergei word na ’n tydelike detensiesentrum geneem en in alleenopsluiting geplaas. Filmspanne was daar toe Joeri se huis deursoek is en hy en sy gesin ondervra is. Beeldmateriaal is later op die Staat se televisienuuskanale uitgesaai

  2. 26 November 2020

    Sergei word uit tydelike aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas. Vardan, wat tydens die ondersoek in die hospitaal opgeneem is as gevolg van beserings wat hy opgedoen het, word na ’n tydelike detensiesentrum oorgeplaas waar hy in alleenopsluiting geplaas is

  3. 27 November 2020

    Die hof het Ivan, Joeri en Witali uit die tydelike detensiesentrum vrygelaat en onder huisarres geplaas

  4. 30 November 2020

    Die owerhede het Vardan uit tydelike aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas. Daarna het hy ’n klag van onwettige geweld by die aanklaer se kantoor ingedien

  5. 16 Februarie 2022

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Dit moedig ons aan om te sien hoe Jehovah nader aan ons dierbare broers en hulle gesinne kom as gevolg van hulle volgehoue pogings om nader aan hom te kom. – Jakobus 4:8.