Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Boris Andrejef, broer Anatoli Li en suster Natalija Sjarapowa

6 MEI 2024 | BYGEWERK: 11 JULIE 2024
RUSLAND

JONGSTE NUUS – TRONKVONNISSE WORD GEGEE | ‘Jehovah het alles onder beheer’

JONGSTE NUUS – TRONKVONNISSE WORD GEGEE | ‘Jehovah het alles onder beheer’

Op 10 Julie 2024 het die Chorolski-distrikshof van die Primorje-gebied broer Boris Andrejef, broer Anatoli Li en suster Natalija Sjarapowa skuldig bevind. Boris is ’n tronkvonnis van ses jaar gegee, Anatoli ’n tronkvonnis van ses jaar en ses maande en Natalija ’n tronkvonnis van drie jaar . Al drie was alreeds in aanhouding voor hulle verhoor en sal in aanhouding bly.

Profiel

Net soos Jehovah die gebede van Anatoli, Boris en Natalija verhoor het, kan ons oortuig wees dat hy sal aanhou om ons te beantwoord in moeilike tye en aan ons die krag sal gee om te volhard. – Psalm 20:1.

Tydlyn

  1. 28 Julie 2022

    Kriminele saak word gemaak

  2. 6 Oktober 2022

    Twaalf huise in die dorpie Jaroslafski word deursoek. Boris en Natalija word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  3. 7 Oktober 2022

    Boris en Natalija word na ’n detensiesentrum voor hulle verhoor oorgeplaas

  4. 12 Oktober 2022

    Anatoli word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  5. 13 Oktober 2022

    Anatoli word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor oorgeplaas

  6. 5 Oktober 2023

    Kriminele verhoor begin

a b c Gedurende die voorbereiding van hierdie artikel was broer Andrejef, broer Li en suster Sjarapowa almal in aanhouding voor hulle verhoor en was dit nie moontlik om persoonlike kommentare by hulle te kry nie.