8 AUGUSTUS 2022 | BYGEWERK: 29 DESEMBER 2022
RUSLAND
JONGSTE NUUS – UITSPRAAK ONGELDIG VERKLAAR | Voorbereiding het Aleksandr Kabanof gehelp om kalm te bly
Op 27 Desember 2022 het die hof van die Krasnojarsk-gebied broer Aleksandr Kabanof se opgeskorte tronkvonnis van twee jaar en ses maande ongeldig verklaar. ’n Nuwe verhoor is aangevra. Op 5 Augustus 2022 het die Zelenogorsk-stadshof sy uitspraak in broer Kabanof se saak gegee, maar dit is geappelleer. Hy moet in die streek bly terwyl hy vir die nuwe verhoor wag.
Die Zelenogorsk-stadshof van die Krasnojarsk-gebied sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Aleksandr Kabanof. Die aanklaer het ’n tronkvonnis van twee jaar en ses maande aangevra.
Tydlyn
26 Desember 2019
Word gearresteer en aangekla van deelname aan die bedrywighede van ’n verbode ekstremistiese organisasie. Dit sluit in om die Bybel te lees en ander van Jehovah te vertel. Word in ’n tydelike detensiefasiliteit geplaas
27 Desember 2019
Word uit tydelike aanhouding vrygelaat nadat die regter die speurder se versoek vir aanhouding voor die verhoor weier
6 Desember 2021
Aleksandr gee sy kommentare voor die hof aan die einde van sy verhoor. In plaas daarvan dat die regter hom vonnis, beslis die regter dat die saak na die ondersoekfase van die verhoor terugverwys moet word. Dit verleng die regsaak
25 Maart 2022
Kriminele verhoor begin weer
Profiel
Ons broers en susters in Rusland is wonderlike voorbeelde van geloof omdat hulle Jesaja navolg, wat gesê het: “God is my redding. Ek sal op hom vertrou en nie bang wees nie, want Jah Jehovah is my sterkte en my mag.” – Jesaja 12:2.