15 NOVEMBER 2023 | BYGEWERK: 13 MAART 2024
RUSLAND
JONGSTE NUUS – VONNIS VERANDER | “Ek is vasbeslote om op Jehovah te vertrou”
Op 12 Maart 2024 het die Kemerowo-streekhof broer Pawel Brilkof se vonnis ná ’n appèlsaak verander. Sy oorspronklike vonnis van dwangarbeid is vervang met ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Op 15 Januarie 2024 het die Sentrale distrikshof van Prokopjefsk broer Pawel Brilkof skuldig bevind en hom tot twee jaar en tien maande dwangarbeid gevonnis. a Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Al is ons hartseer omdat ons liewe broers en susters vervolg word, is ons vasbeslote om “geduldig [te] wag op die God van [ons] redding” terwyl ons met vertroue uitsien na toekomstige seëninge. – Miga 7:7.
Tydlyn
10 November 2021
Huis word deursoek. Pawel en Wera word al twee ondervra
30 Mei 2022
Kriminele saak word gemaak
16 Maart 2023
Word onder reisbeperkings geplaas
25 Mei 2023
Kriminele verhoor begin
a ’n Persoon wat tot dwangarbeid gevonnis word, kry ’n werkstoewysing van die owerhede. Daar word ook tussen 5 tot 20 persent van sy loon afgetrek. As die owerhede besluit dat die persoon nie saamwerk nie of weier om te werk, kan hy tronk toe gestuur word.