Spring na inhoud

Links: Broer Anatoli Gezik en sy vrou, Irina. Regs: Broer Wiktor Zimofski en sy vrou, Nadezjda

26 AUGUSTUS 2022 | BYGEWERK: 8 MAART 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – VONNIS VERANDER | Kalm en vol vertroue tydens vervolging

JONGSTE NUUS – VONNIS VERANDER | Kalm en vol vertroue tydens vervolging

Op 1 Maart 2023 het die hof van die Stawropol-gebied sy uitspraak gegee in die saak teen broer Anatoli Gezik en sy vrou, Irina, en broer Wiktor Zimofski. Die vonnisse wat Anatoli en Wiktor eers gekry het, is verander na opgeskorte tronkvonnisse. Anatoli hoef nie meer korrektiewe arbeid te doen nie. Wiktor is onmiddellik uit die tronk vrygelaat. Irina se opgeskorte tronkvonnis bly dieselfde. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 14 November 2022 het die Georgiefski-stadshof van die Stawropol-gebied Anatoli en sy vrou, Irina, en Wiktor skuldig bevind. Anatoli het ’n vonnis van vier jaar en twee maande korrektiewe arbeid gekry. Irina het ’n opgeskorte tronkvonnis van vier jaar en twee maande gekry. Wiktor is tot ses jaar en twee maande tronkstraf gevonnis en is onmiddellik in hegtenis geneem.

Tydlyn

  1. 23 Oktober 2019

    Die huise van drie gesinne wat Getuies van Jehovah is, word deur polisiemanne in Georgiefsk deursoek. Polisiemanne het valse bewysstukke in die huise geplant terwyl hulle dit deursoek het. Anatoli, Irina, Wiktor en agt ander Getuies is regdeur die nag aangehou en ondervra

  2. 30 Desember 2019

    ’n Kriminele saak word teen Anatoli, Irina en Wiktor gemaak

  3. 23 Januarie 2020

    Wiktor word in tydelike aanhouding geplaas vir verdere ondervraging. Hy word die volgende dag na aanhouding voor sy verhoor oorgeplaas

  4. 23 Maart 2020

    Wiktor word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat en onder huisarres geplaas

  5. 6 Mei 2020

    Wiktor word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  6. 6 Oktober 2021

    Wiktor se reisbeperkings word verwyder

  7. 10 Maart 2022

    Die kriminele verhoor begin

Profiel

Terwyl hulle met vreugde en hoop volhard, is ons oortuig dat Jehovah altyd “naby almal wat hom aanroep”, sal wees. – Psalm 145:18.