Spring na inhoud

Suster Ljoedmila Salikowa

31 JANUARIE 2022 | BYGEWERK: 27 MAART 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – VONNIS VERMINDER | Suster Ljoedmila Salikowa kry krag en vertroosting by Jehovah

JONGSTE NUUS – VONNIS VERMINDER | Suster Ljoedmila Salikowa kry krag en vertroosting by Jehovah

Op 23 Maart 2023 het die Tsjeljabinsk-streekhof sy uitspraak gegee nadat suster Ljoedmila Salikowa vir ’n tweede keer geappelleer het. Die hof het haar opgeskorte tronkvonnis van ses jaar verminder na twee en ’n half jaar. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 17 Maart 2022 het die Tsjeljabinsk-streekhof Ljoedmila se appèl verwerp.

Op 20 Januarie 2022 het die Snezjinsk-stadshof van die Tsjeljabinsk-streek Ljoedmila skuldig bevind en haar ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gegee.

Tydlyn

  1. November 2020

    Polisiemanne in Snezjinsk deursoek die huise van vier Getuie-gesinne, wat Ljoedmila se huis insluit. Hulle het ook die plek waar sy werk, deursoek. As gevolg hiervan is sy gedwing om by haar werk te bedank.

  2. 26 Augustus 2021

    ’n Kriminele saak word teen Ljoedmila gemaak vir die organisering van vergaderinge van ’n godsdiensorganisasie en die invoer van lektuur wat verbied is

  3. 8 Desember 2021

    Haar kriminele verhoor begin

Profiel

Ons broers en susters in Rusland hou aan om krag en vertroosting by Jehovah te vind. Ons liefdevolle God verseker ons dat hy “geregtigheid [sal] gee aan die weeskinders en dié wat verpletter is, sodat die sterflike mens van die aarde hulle nie meer sal bang maak nie”. – Psalm 10:18.