Spring na inhoud

Broer Andrei Zjoekof

7 JUNIE 2022 | BYGEWERK: 21 NOVEMBER 2023
RUSLAND

JONGSTE NUUS – VRYSPRAAK TERUGGETREK | Oortuig van Jehovah se liefde en ondersteuning

JONGSTE NUUS – VRYSPRAAK TERUGGETREK | Oortuig van Jehovah se liefde en ondersteuning

Op 20 November 2023 het die hof van die Chanti-Mansi se selfregerende streek – Joegra broer Andrei Zjoekof se vryspraak teruggetrek. Sy saak sal nou herverhoor word.

Op 7 Augustus 2023 het die Joegorski-distrikshof van die Chanti-Mansi se selfregerende streek – Joegra broer Andrei Zjoekof vrygespreek. Hy is op alle aanklagtes onskuldig bevind.

Tydlyn

  1. 17 Augustus 2020

    ’n Kriminele saak is teen Andrei gemaak. Hy is aangekla dat hy in die geheim vergaderinge van ’n “ekstremistiese” organisasie hou

  2. 19 Augustus 2020

    Nege huise van Jehovah se Getuies word deursoek, insluitende die huis van Andrei. Hy word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  3. 20 Augustus 2020

    Word vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  4. 14 Januarie 2021

    Word op die lys van ekstremiste geplaas, en sy bankrekening word gevries

  5. 4 Augustus 2021

    Die owerhede het Andrei van nog dinge aangekla, soos dat hy “tot Jehovah God bid, ’n godsdiensseremonie hou en godsdienstekste studeer”. Hy is daarna ondervra

  6. 15 Oktober 2021

    Versoeke om die kriminele saak te beëindig, is geweier

  7. 29 Desember 2021

    Kriminele verhoor begin

Profiel

Die ondersteuning wat Jehovah aan Andrei en al ons dierbare broers en susters gee wat teenstand verduur, is ’n ‘bewys van sy goedheid’ en dat hy ’n “helper en vertrooster” is. – Psalm 86:17, voetnoot.