Spring na inhoud

Broer Pjotr Kroepnof en sy vrou, Maja

4 JANUARIE 2022
RUSLAND

JONGSTE NUUS | Voorbereiding en hoop help broer Pjotr Kroepnof en sy vrou, Maja

JONGSTE NUUS | Voorbereiding en hoop help broer Pjotr Kroepnof en sy vrou, Maja

Op 9 Maart 2022 het die Penza-streekhof broer Pjotr Kroepnof en sy vrou, Maja, se appèl verwerp. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Tydlyn

  1. 30 Desember 2021

    Die Nikolski-distrikshof van die Penza-streek het broer Pjotr Kroepnof en sy vrou, Maja, skuldig bevind en hulle ’n opgeskorte vonnis van drie jaar gegee. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie

  2. 25 Oktober 2021

    Kriminele verhoor begin

  3. 12 Oktober 2021

    Pjotr en Maja se name is bygesit op die lys van terroriste en ekstremiste omdat hulle godsdienspublikasies met hulle vriende bespreek het

  4. 15 September 2021

    Kriminele saak teen Maja het begin. Pjotr is later as ’n beskuldigde by die saak gevoeg

  5. 11 Oktober 2020

    Sekuriteitsbeamptes het die huise van vier gesinne van Jehovah se Getuies in Nikolsk deursoek, insluitende die Kroepnof-gesin se huis

Profiel

Ons waardeer die voorbeeld van Pjotr en Maja terwyl hulle hoop seker en vas is soos ’n anker en hulle op Jehovah vertrou. – Hebreërs 6:19.