Spring na inhoud

Van links na regs: Broer Aleksandr Sobjanin, Wladimir Timosjkin en Wladimir Poltoradnef

12 SEPTEMBER 2023
RUSLAND

“Jehovah help altyd!”

“Jehovah help altyd!”

Op 18 Augustus 2023 het die Solikamsk-stadshof van die Perm-gebied broer Wladimir Poltoradnef, Aleksandr Sobjanin en Wladimir Timosjkin skuldig bevind. Hulle het onderskeidelik boetes van 638 000 roebel (omtrent R124 700), 494 000 roebel (omtrent R96 495) en 512 000 roebel (omtrent R100 020) gekry. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons is seker daarvan dat almal wat aanhou om op Jehovah te vertrou, die seëninge van sy lojale liefde sal ervaar. – Psalm 13:5, 6.

Tydlyn

  1. 28 Julie 2020

    Huise word deursoek. Al drie broers word in tydelike aanhouding geplaas

  2. 29 Julie 2020

    Wladimir Timosjkin word vrygelaat uit tydelike aanhouding en onder huisarres geplaas

  3. 30 Julie 2020

    Aleksandr word vrygelaat uit tydelike aanhouding en onder reisbeperkings geplaas

  4. 31 Julie 2020

    Wladimir Poltoradnef word vrygelaat uit tydelike aanhouding en onder huisarres geplaas

  5. 24 September 2020

    Wladimir Poltoradnef word vrygelaat uit huisarres en onder reisbeperkings geplaas

  6. Oktober 2020

    Wladimir Timosjkin word vrygelaat uit huisarres en onder reisbeperkings geplaas

  7. 16 Mei 2023

    Kriminele verhoor begin

a Geen persoonlike kommentare was beskikbaar van broer Wladimir Timosjkin nie.