Spring na inhoud

Broer Anatoli Isakof en sy vrou, Tatjana

1 JANUARIE 2024
RUSLAND

‘Jehovah het my nooit verlaat nie’

‘Jehovah het my nooit verlaat nie’

Die Koergan-stadshof van die Koergan-streek sal binnekort sy uitspraak gee in die saak teen broer Anatoli Isakof. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.

Profiel

Ons waardeer Anatoli se voorbeeld van vasbeslotenheid en geloof ten spyte van sy baie uitdagings. En ons is dankbaar om te weet dat maak nie saak watter situasies ons deurmaak nie, Jehovah altyd ‘die rots van ons hart’ sal wees. – Psalm 73:26.

Tydlyn

  1. 13 Julie 2021

    Kriminele saak word gemaak

  2. 14 Julie 2021

    Huis word deursoek. Word in ’n tydelike detensiesentrum geplaas

  3. 15 Julie 2021

    Word na ’n detensiesentrum voor sy verhoor oorgeplaas

  4. 21 Julie 2021

    Versoek word gerig aan die Departement van Gesondheid van die Koergan-streek om Anatoli uit aanhouding vry te laat sodat hy weer met sy chemoterapie kan begin

  5. 28 Augustus 2021

    Ná ’n versoek van die Europese Hof van Menseregte word hy uit die detensiesentrum voor sy verhoor vrygelaat. Word onder reisbeperkings geplaas

  6. 6 Julie 2023

    Kriminele verhoor begin