21 JANUARIE 2022
RUSLAND
Jehovah se Getuies in Irkoetsk bly getrou ten spyte daarvan dat hulle huise met geweld deursoek is
Op 4 Oktober 2021 is huise van Jehovah se Getuies in die Irkoetsk-streek deursoek. Die polisie het hulle wreed geslaan terwyl hulle hulle ondervra het. Ses Getuies van Jehovah is na ’n detensie-sentrum gestuur net omdat hulle hulle Christelike geloof op ’n vredevolle manier beoefen het. Hulle sal daar in aanhouding bly tot hulle verhoor.