Spring na inhoud

Broer Sergei Raiman en sy vrou, Walerija, in die hof op 9 Oktober 2020

9 OKTOBER 2020
RUSLAND

Jong paartjie word deur Russiese hof skuldig bevind en kry opgeskorte tronkvonnisse

Jong paartjie word deur Russiese hof skuldig bevind en kry opgeskorte tronkvonnisse

Op 9 Oktober 2020 het die Swerdlofski-distrikshof van die stad Kostroma broer Sergei Raiman en sy vrou, Walerija, skuldig bevind. Broer Sergei het ’n opgeskorte vonnis van agt jaar gekry en suster Walerija ’n opgeskorte vonnis van sewe jaar. Dit is die langste opgeskorte vonnisse wat ons broers en susters in Rusland gekry het vanaf die Hooggeregshof se uitspraak in 2017. Broer en suster Raiman sal nie op hierdie stadium tronk toe hoef te gaan nie.