Spring na inhoud

1 APRIL 2019
RUSLAND

Nog een van Jehovah se Getuies skuldig bevind in Rusland

Nog een van Jehovah se Getuies skuldig bevind in Rusland

Op 1 April 2019 het ’n Russiese hof die 56-jarige Sergei Skrinnikof skuldig bevind omdat hy sy geloof as een van Jehovah se Getuies beoefen het. Dit is dieselfde hof wat broer Dennis Christensen tot ses jaar tronkstraf gevonnis het. Die hof het beslis dat hy ’n swaar boete van amper R75 000 moet betaal. Die hof het hom nie tronkstraf gegee nie, hoewel die aanklaer wou gehad het dat hy drie jaar tronk toe moes gaan.

Broer Skrinnikof en sy vrou, Nina, het een dogter. Hulle help hulle dogter en haar man met hulle vyf kinders. Die Skrinnikof’s kyk ook na Nina se bejaarde ouers.

Broer Skrinnikof het in die hof sy geloof respekvol en met oortuiging verdedig. Hy het gedeeltelik gesê: “As iemand wat nie geloof in God het nie, in my situasie was, sou hy moed opgegee het. . . . Maar as een van Jehovah se Getuies kyk ek na hierdie situasie met oë van geloof. As God toelaat dat die hof my skuldig bevind, beteken dit nie dat ek hierdie drie jaar as ’n straf moet beskou nie, maar eerder as ’n spesiale toewysing om op ’n nuwe plek te dien! So, ek gee nie moed op nie. . . . God kan ons help, of ons nou vry is en of ons nou in die tronk is. Daarom is ons nooit alleen nie. Solank ons getrou aan hom bly, is hy altyd saam met ons.”

Ons word aangemoedig deur die sterk geloof van ons mede-aanbidders, soos broer Skrinnikof. Wanneer ons dink aan hoe hulle vervolg word as gevolg van hulle geloof, voel ons ook soos wat die apostel Paulus oor sy broers gevoel het. Hy het gesê: “Mag die God wat hoop gee, julle met alle vreugde en vrede vervul deurdat julle glo, sodat julle oorvloedig kan wees in hoop met krag van die heilige gees.” – Romeine 15:13.