Spring na inhoud

Links na regs: Aleksei Boedentjoek, Konstantin Bazjenof, Feliks Machammadijef, Aleksei Miretski, Roman Gridasof, en Gennadi German, voordat hulle gearresteer is

23 SEPTEMBER 2019
RUSLAND

Nog ses broers word skuldig bevind en tronk toe gestuur in Rusland

Nog ses broers word skuldig bevind en tronk toe gestuur in Rusland

Op Donderdag 19 September 2019 is ses broers van die Russiese stad Saratof skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis net omdat hulle Jehovah se Getuies is.

Regter Dmitri Larin van die Leninski-distrikshof in Saratof het broer Konstantin Bazjenof en broer Aleksei Boedentjoek tot drie jaar en ses maande tronkstraf gevonnis; broer Feliks Machammadijef tot drie jaar; broer Roman Gridasof, broer Gennadi German en broer Aleksei Miretski tot twee jaar. Volgens die uitspraak sal die broers, nadat hulle hulle tronkstraf uitgedien het, nie toegelaat word om vir vyf jaar leierskap posisies in publieke organisasies te hê nie. Die uitspraak sal geappelleer word.

Kriminele klagtes is teen die ses broers gelê nadat die Russiese owerheid op 12 Junie 2018 sewe huise van Getuies in Saratof deursoek het. Al die broers het gesinne, maar broer Boedentjoek het twee kinders wat nog op skool is. Vandat broer Boedentjoek, broer Bazjenof en broer Machammadijef gearresteer is, is hulle al amper ’n jaar lank in die tronk voordat hulle verhoor is.

In hulle laaste woorde aan die hof, het die ses broers ’n paar motiverende tekste uit die Bybel aangehaal. Hulle het ook gesê dat hulle nie die mense haat wat hulle aangekla het nie.

Rusland het nou sewe mans skuldig bevind en tronk toe gestuur. Daar is kriminele klagtes teen meer as 250 broers en susters in Rusland, 41 is in aanhouding (voor hulle verhoor of tronkstraf) en 23 onder huisarres.

Ons bid vir al ons getroue en moedige broers en susters in Rusland dat “God [hulle] met sy glorieryke mag versterk sodat [hulle] ten volle kan volhard met geduld en vreugde”. – Kolossense 1:11.