Spring na inhoud

Suster Jelena Barmakina saam met haar man, Dmitri, buite die Perworetjenski-distrikshof van Wladiwostok

29 SEPTEMBER 2020
RUSLAND

Regter stel suster Jelena Barmakina se saak uit en vra dat aanklaer meer bewyse moet gee

Regter stel suster Jelena Barmakina se saak uit en vra dat aanklaer meer bewyse moet gee

Op 29 September 2020 het die Perworetjenski-distrikshof van Wladiwostok nie ’n uitspraak gegee in die saak van suster Jelena Barmakina nie. Die hof het eerder die saak teruggestuur na die aanklaer se kantoor. Die regter het verduidelik dat die aanklaer nie genoeg bewyse het om die bewering te ondersteun dat suster Barmakina by ekstremistiese bedrywighede betrokke was nie. Die aanklaer kan die uitspraak appelleer. Maar die saak is uitgestel totdat die aanklaer se kantoor meer bewyse gee dat suster Barmakina iets verkeerd gedoen het en dat haar saak moet voortgaan.