Spring na inhoud

Suster Kalerija Mamikina, wat 78 jaar oud is, word in Rusland krimineel vervolg as gevolg van haar geloof

26 JUNIE 2019
RUSLAND

Rusland vervolg bejaarde Getuies van Jehovah, party ouer as 70

Rusland vervolg bejaarde Getuies van Jehovah, party ouer as 70

Broer Boris Boerilof, wat 78 jaar oud is, word aangekla van ekstremisme in die stad Perm

In Mei 2019 het owerhede van die Russiese streke Archangelsk en Wolgograd kriminele sake teen twee van ons bejaarde susters gemaak. Suster Kalerija Mamikina, in die foto hier bo, is 78 jaar oud en suster Walentina Machmadgaewa is 71 jaar oud. Hulle word vir “ekstremistiese” bedrywighede ondersoek net omdat hulle Jehovah se Getuies is.

In April 2018 het die owerheid van die stad Wladiwostok kriminele sake teen die 84-jarige suster Jelena Zaisjtsjoek en vier ander Getuies gemaak. Daar is nou altesaam tien broers en susters oor die ouderdom van 70 wat krimineel vervolg word omdat hulle Jehovah vreedsaam aanbid in Rusland.

Al is nie een van hierdie bejaardes in die tronk nie, is die situasie beslis baie stresvol vir hulle. As die ondersoek voortgaan en hulle in die hof skuldig bevind word, kan hulle ’n groot boete of tronkstraf kry.

Vanaf 17 Junie 2019 is daar nou 215 Getuies wat onregverdige kriminele aanklagtes teen hulle het. Hierdie getal word al hoe meer. Laat ons aanhou om vir ons broers en susters in Rusland te bid en om hulle name ook spesifiek in ons gebede te noem. Ons is vol vertroue dat Jehovah hulle sal aanhou versterk met “sy glorieryke mag” sodat hulle ‘ten volle kan volhard en lankmoedig kan wees met vreugde’. – Kolossense 1:11.