Spring na inhoud

25 JANUARIE 2021
RUSLAND

Russiese appèlhof bly by die uitspraak dat broer Zalipajef onskuldig is

Russiese appèlhof bly by die uitspraak dat broer Zalipajef onskuldig is

Op 25 Januarie 2021 het die Hooggeregshof van die Republiek van Kabardino-Balkarië die aanklaer se appèl teen die oorspronklike uitspraak van 7 Oktober 2020 geweier. Tydens daardie uitspraak is broer Joeri Zalipajef onskuldig bevind. As die aanklaer wil, kan hy teen hierdie jongste uitspraak appelleer. Maar die uitspraak dat Joeri onskuldig is, is nou van krag – hy is vrygespreek van alle aanklagte. Hy het nou die reg om vergoeding te vra omdat hy verkeerdelik aangekla is.

Joeri het op Jehovah vertrou en was moedig in die hof, al het hy geweet dat die hof sy onskuldigbevinding tersyde kon stel. Net voor die uitspraak het Joeri moedig vir die hof gesê hoe God binnekort ’n einde gaan maak aan goddeloosheid, en dit sluit die vervolging van Jehovah se Getuies in Rusland in. Hy het gesê: “Maak nie saak hoe goed hierdie aanvalle beplan is nie, daar is iets wat hierdie vervolgers nie verstaan nie. God belowe om binnekort ontslae te raak van goddeloosheid op die aarde en hulle sal dit nie regkry om my geloof in daardie belofte af te breek nie. Ek glo vas in die belofte dat alle mense van verskillende nasionaliteite een van die dae uiteindelik sal besef dat hulle broers en susters is. Daar is niks wat hulle werklik skei nie. Die Bybel sê oor God: ‘Hy sal oordeel tussen die nasies en sake regstel in verband met baie volke. Hulle sal ploegskare maak van hulle swaarde, en snoeimesse van hulle spiese. Nasie sal nie teen nasie die swaard opneem nie, en hulle sal ook nie meer leer om oorlog te voer nie.’ – Jesaja 2:4.

“Ek is daarvan oortuig dat hierdie belofte binnekort gaan waar word!”