Spring na inhoud

Broer Jefgeni Spirin en sy vrou, Natalja

14 OKTOBER 2020
RUSLAND

Russiese appèlhof bly by uitspraak dat broer Spirin skuldig is en boete moet betaal

Russiese appèlhof bly by uitspraak dat broer Spirin skuldig is en boete moet betaal

Op 14 Oktober 2020 het die Iwanowo-streekhof by die oorspronklike uitspraak van Julie 2020 gebly dat broer Jefgeni Spirin skuldig is en ’n boete moet betaal. Die streeksappèlhof het die aanklaer se versoek verwerp dat broer Spirin se saak herverhoor moet word. Die aanklaer sal heel moontlik die jongste uitspraak appelleer omdat hulle wil hê dat broer Spirin sewe jaar tronk toe moet gaan, soos hulle oorspronklik gevra het.