Spring na inhoud

29 JANUARIE 2021
RUSLAND

Russiese appèlhof verwerp appèl van ses Getuies

Russiese appèlhof verwerp appèl van ses Getuies

Op 29 Januarie 2021 het die Oeljanowsk-streekhof gebly by die uitspraak wat in Oktober 2020 gegee is teen broer Aleksandr Ganin, Choren Chatsjikjan, Andrei Tabakof en Michail Zelenski, sowel as Sergei Misin en sy vrou, Natalija. Die lengte van hulle opgeskorte vonnisse bly dieselfde, behalwe vir Sergei s’n. Die hof het sy vonnis van vier jaar verleng na vier en ’n half jaar. Nie een van hulle hoef op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.