Spring na inhoud

15 FEBRUARIE 2021
RUSLAND

Russiese hof beboet suster Swetlana Monis vir haar geloof

Russiese hof beboet suster Swetlana Monis vir haar geloof

Op 15 Februarie 2021 het die Birobidzjan-distrikshof van die Joodse selfregerende streek suster Swetlana Monis skuldig bevind van deelname aan die bedrywighede van ’n organisasie wat verbied is. Die hof het haar ’n boete van 10 000 roebel (R2 450) gegee.

In haar slotkommentare het Swetlana geloof en moed getoon. Sy het gesê: “Ek wil noem dat ek voor julle staan . . . ter wille van die naam van ons Here, Jesus Christus, en sy Vader, Jehovah God. Hier is wat die Bybel oor die saak sê. In 1 Petrus 4:14-16 sê dit: ‘As julle vir die naam van Christus beledig word, is julle gelukkig, want dit beteken dat julle die gees van heerlikheid, ja, die gees van God, het. Maar laat niemand van julle ly as ’n moordenaar, ’n dief, ’n misdadiger of iemand wat hom in ander se sake inmeng nie. As iemand egter ly omdat hy ’n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar aanhou om God te verheerlik terwyl hy hierdie naam dra.’”