23 JUNIE 2020
RUSLAND
Russiese hof beslis dat broer Dennis Christensen vroeg vrygelaat moet word
Op 23 Junie 2020 het die Lgofski-distrikshof in die Koersk-streek beslis dat broer Dennis Christensen vroeg vrygelaat moet word. Op die aanklaer se versoek het die regter die res van broer Christensen se vonnis verander na ’n boete van meer as R97 000. Die uitspraak sal oor tien dae in werking tree, en dan sal hy huis toe kan gaan na sy vrou, familie en mede-gelowiges. Alle eer gaan aan Jehovah!