Spring na inhoud

1 APRIL 2020
RUSLAND

Russiese hof bevind broer Igor Iwasjin skuldig, gee hom ses jaar opgeskorte vonnis

Russiese hof bevind broer Igor Iwasjin skuldig, gee hom ses jaar opgeskorte vonnis

Op 1 April 2020 het die Lenski-distrikshof in die Republiek van Sacha broer Igor Iwasjin skuldig bevind as gevolg van sy geloof en hom ’n ses jaar opgeskorte tronkvonnis gegee. Hoewel hy terug huis toe kon gaan ná die uitspraak, kan hy dadelik weer tronk toe gestuur word. Dit kan enige tyd gedurende sy parool gebeur as hy daarvan beskuldig word dat hy die wet oortree wat sy aanbidding beperk. Broer Iwasjin sal sy uitspraak appelleer.