Spring na inhoud

12 FEBRUARIE 2021
RUSLAND

Russiese hof bevind broer Igor Tsaref skuldig en gee hom opgeskorte vonnis

Russiese hof bevind broer Igor Tsaref skuldig en gee hom opgeskorte vonnis

Op 29 April 2021 het die Hof van die Joodse selfregerende streek gebly by die uitspraak dat Igor skuldig is. Hy sal sy oorspronklike opgeskorte tronkstraf van twee en ’n half jaar moet uitdien.

Op 12 Februarie 2021 het die Birobidzjan-distrikshof van die Joodse selfregerende streek Igor skuldig bevind. Die hof het hom ’n opgeskorte tronkstraf van twee en ’n half jaar gegee.

Igor het kalm en positief gebly deur sy hele hofsaak. In sy laaste woorde voor die hof op 11 Februarie 2021 het hy gesê: “Ek het gedink aan hoe ek my laaste verklaring moet begin, en ek het besluit om die raad toe te pas wat die apostel Paulus aan alle Christene gegee het. In sy brief aan die Kolossense het hy hulle aangemoedig: ‘Toon dat julle dankbaar is.’

“Daarom wil ek u Edele bedank vir die kalm atmosfeer gedurende die verhoor en omdat u na ons geluister het. . . . Maar ek voel veral dankbaar teenoor ons Skepper en God, Jehovah, omdat hy my gedurende hierdie hele hofsaak ondersteun het. Hy het my gehelp om kalm te bly en vrede in my hart te hê.” – Kolossense 3:15.