Spring na inhoud

Broer Joeri Zalipajef lewer sy slotkommentare in die hof

7 OKTOBER 2020
RUSLAND

Russiese hof bevind broer Joeri Zalipajef onskuldig!

Russiese hof bevind broer Joeri Zalipajef onskuldig!

Op 7 Oktober 2020 het die Maiski-distrikshof van die Republiek van Kabardino-Balkarië broer Joeri Zalipajef onskuldig bevind en hom van alle aanklagte vrygespreek. Die aanklaer het tien dae om die saak te appelleer.

Die aanklaer het gesê dat broer Zalipajef skuldig was omdat hy ander aangespoor het om gewelddadig te wees. Maar meer as 30 mense het getuig dat hy net ander aangemoedig het om die Bybel te lees en om liefdevol teenoor almal te wees.

Die hof se uitspraak dat hy “onskuldig” is, was ook gebaseer op die onlangse uitspraak deur die VN se Werkende Groep vir Arbitrêre Opsluiting. Dit het bevestig dat Jehovah se Getuies nie gewelddadig is of geweld op enige manier bevorder nie.

Ná die uitspraak het broer Zalipajef gesê: “My familie en vriende het die ergste verwag. Danksy Jehovah het ek nie onder druk gevoel gedurende die verhoor nie. Ek is baie bly en dankbaar vir almal wat my onskuld verdedig het.”