Spring na inhoud

4 FEBRUARIE 2020
RUSLAND

Russiese hof bevind broer Kim en Polewodof skuldig

Russiese hof bevind broer Kim en Polewodof skuldig

Op 4 Februarie 2020 het die Zjeleznodorozjni-hof in Chabarowsk broer Stanislaf Kim en Nikolai Polewodof skuldig bevind en hulle ’n opgeskorte vonnis van twee jaar gegee. Hoewel hulle nie tronk toe gaan nie, sal hulle vir die tydperk van hulle vonnis op parool wees. Hulle sal hulle uitspraak appelleer. Albei broers is ook betrokke by ’n tweede kriminele saak wat in die arbeidshof in dieselfde stad verhoor sal word. Die datum vir daardie saak is nog nie bekend nie.