8 OKTOBER 2020
RUSLAND
Russiese hof bevind ses Getuies skuldig en gee hulle opgeskorte vonnisse
Op 8 Oktober 2020 het die Zaswijazjski-distrikshof van die stad Oeljanowsk broer Aleksandr Ganin, Choren Chatsjikian, Andrei Tabakof en Michail Zelenski, sowel as broer Sergei Misin en sy vrou, Natalija, skuldig bevind. Hulle is almal opgeskorte vonnisse gegee wat wissel tussen twee jaar en ses maande tot vier jaar. Dit beteken dat ons broers en suster nie op hierdie stadium tronk toe sal gaan nie.