28 OKTOBER 2020
RUSLAND
Russiese hof bly by uitspraak teen twee broers en twee susters
Op 28 Oktober 2020 het die Briansk-streekhof gebly by die uitspraak teen broer Wladimir Chochlof en Edoeard Zjinzjikof en suster Tatjana Sjamsjewa en Olga Silaewa. Hulle is oorspronklik tot tussen 12 en 15 maande tronkstraf gevonnis. Maar omdat hulle reeds hierdie tyd in aanhouding voor hulle verhoor uitgedien het, was dit nie nodig om nog tronkstraf uit te dien nie. As gevolg van die hof se uitspraak sal die broers en susters nog steeds as veroordeelde misdadigers beskou word. Maar hulle is bly dat hulle vry kan wees. Daar is geen wet wat toelaat dat die aanklaer kan appelleer vir ’n swaarder straf nie.
Voor die oorspronklike uitspraak was die broers 316 dae en die susters 245 dae in aanhouding voor hulle verhoor. Nadat hulle vrygelaat is, was ’n onderhoud met die susters gevoer in die Jongste nuus van die Bestuursliggaam vir 2020 – Nr.5. Hulle het gesê dat gebed, Bybellees en ’n dankbare gesindheid hulle gehelp het om met vreugde te volhard.