Spring na inhoud

Broer Aleksei Metsger, deur ’n Russiese hof veroordeel en beboet omdat hy sy godsdiens beoefen

21 NOVEMBER 2019
RUSLAND

Russiese hof gee broer Aleksei Metsger ’n boete van omtrent R81 000, weier aanklaer se versoek vir drie jaar tronkstraf

Russiese hof gee broer Aleksei Metsger ’n boete van omtrent R81 000, weier aanklaer se versoek vir drie jaar tronkstraf

Op Donderdag 14 November 2019 het die Ordzjonikidzefski-distrikshof van Perm broer Aleksei Metsger gevonnis en ’n boete van omtrent R81 000 gegee. Hy is die 12de broer wat hierdie jaar in Rusland vir sogenaamde ekstremistiese bedrywighede gevonnis is omdat hy sy godsdiens vreedsaam beoefen en met ander daaroor praat. Broer Metsger se regsgeleerde gaan appelleer teen hierdie vonnis.

Op 25 April 2019 is ’n kriminele saak teen broer Metsger gemaak omdat hy een van Jehovah se Getuies is. Party van die bewyse teen broer Metsger sluit gesprekke in tussen hom en mense wat hom in die geheim opgeneem het terwyl hulle oor godsdiens gepraat het.

Die verhoor het op 14 Oktober 2019 begin. Die stadsaanklaer het versoek dat broer Metsger tot drie jaar tronkstraf gevonnis moet word. Hoewel die hof nie broer Metsger tronk toe gestuur het nie, het hulle hom nog steeds skuldig bevind. So dit bekommer ons omdat dit ’n voorbeeld vir ander howe kan stel om nog baie van ons broers en susters aan te kla.

Terwyl die owerheid aanhou om ons broers in Rusland sonder rede te vervolg, weet ons dat Jehovah sal aanhou om hulle te vertroos en aan te moedig. – Psalm 119:76, 161.