23 OKTOBER 2020
RUSLAND
Russiese hof gee broer Anatoli Tokaref ’n boete
Op 23 Oktober 2020 het die Oktjabrski-distrikshof van Kirof broer Anatoli Tokaref skuldig bevind en vir hom ’n boete van 500 000 roebel (omtrent R106 000) gegee. Hy het tien dae om te appelleer.
In sy laaste woorde aan die hof het broer Tokaref moedig gesê: “Gedurende hierdie kriminele saak voel ek asof die polisie vir my gesê het: ‘Gee jou geloof op, of . . . jy sal baie erg in die openbaar gestraf word.’ . . . U Edele, ek het op die eerste dag van my verhoor dit gesê en ek sê dit nou weer: Ek kan nie my geloof in God opgee nie. . . . Wanneer die owerhede dreig om my in die tronk te sit of selfs dood te maak, maak dit my natuurlik bang, net soos enige ander Getuie van Jehovah sou wees. En wanneer die owerhede my ’n ekstremis noem, sleep hulle my goeie naam deur die modder, al het ek niks verkeerds gedoen nie. Maar al word ek op hierdie manier mishandel, kan ek nie God verlaat en so sy liefde verloor nie.”