Spring na inhoud

28 JULIE 2020
RUSLAND

Russiese hof gee broer Jefgeni Spirin boete van meer as R120 000

Russiese hof gee broer Jefgeni Spirin boete van meer as R120 000

Op 28 Julie 2020 het die Foermanofski-stadshof in die Iwanowo-streek broer Jefgeni Spirin skuldig bevind. Die aanklaer het gevra vir ’n vonnis van sewe jaar tronkstraf. Die hof het eerder ’n boete van meer as R120 000 opgelê. Broer Spirin sal die uitspraak appelleer.