Spring na inhoud

22 DESEMBER 2020
RUSLAND

Russiese hof gee broer Semjon Baibak ’n opgeskorte tronkvonnis

Russiese hof gee broer Semjon Baibak ’n opgeskorte tronkvonnis

Op 21 Desember 2020 het die Leninski-distrikshof in Rostof-on-Don broer Semjon Baibak skuldig bevind en hom ’n opgeskorte tronkvonnis van drie en ’n half jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

In Semjon se laaste woorde aan die hof ’n paar dae vroeër het hy ’n welbekende menseregte-aktivis van Rusland aangehaal wat gesê het: “Hulle [Jehovah se Getuies] word vervolg, maar hulle glimlag.” Semjon het toe saamgestem: “Dit is die waarheid. Ek voel nie hartseer of haat nie.” Hy het toe 2 Korintiërs 4:8, 9 gelees en dit op homself en ander Getuies in Rusland toegepas: “Ons word van alle kante af onder swaar druk geplaas, maar ons is nie so vasgekeer dat ons nie kan beweeg nie. Ons weet nie altyd wat om te doen nie, maar ons is nie heeltemal sonder ’n uitweg nie. Ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie. Ons word neergeslaan, maar nie vernietig nie.”