24 NOVEMBER 2020
RUSLAND
Russiese hof gee broer Sergei Ledenjof ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar
Op 24 November 2020 het die stadshof van Petropawlofsk-Kamtsjatski in die Kamtsjatka-gebied broer Sergei Ledenjof skuldig bevind. Hy het ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gekry met ’n drie jaar lange parooltydperk. Hy sal nie nou tronk toe hoef te gaan nie.
Op die laaste dag van die verhore het Sergei moedig verduidelik wat dit beteken om een van Jehovah se Getuies te wees. Hy het gesê: “Jehovah is nie die naam van ’n volk, ’n organisasie of ’n geloof nie. Jehovah is God se persoonlike naam. In die Bybel, in die boek van die profeet Jesaja, noem Jehovah sy getroue knegte ‘my getuies’. As gevolg van hierdie woorde was die naam ‘Jehovah se Getuies’, by ’n byeenkoms in 1931, gekies. Hierdie naam verwys na die toewysing om getuies van God te wees. Dit beteken om ander te vertel dat hy die Skepper, Redder en die Soewerein van die heelal is en om ook oor sy wonderlike doel vir die mens te praat. Dit is ’n baie groot voorreg vir my en my medegelowiges.” – Jesaja 43:10.
Sergei het met baie oortuiging vir die hof gesê: “Ek het geen rede om skaam te wees asof ek ’n misdaad gepleeg het nie. My gewete is skoon voor God en mense.”