Spring na inhoud

26 JANUARIE 2021
RUSLAND

Russiese hof gee suster Galina Parkowa opgeskorte tronkvonnis

Russiese hof gee suster Galina Parkowa opgeskorte tronkvonnis

Op 26 Januarie 2021 het die Leninski-distrikshof in Rostof-on-Don suster Galina Parkowa skuldig bevind en haar gevonnis tot ’n opgeskorte tronkstraf van twee jaar en drie maande. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

In haar finale verklaring voor die hof het sy moedig gesê: “As ’n gelowige persoon verstaan ek wat die redes is hoekom ek vandag probleme het. Jesus Christus het hierdie redes voorspel. In Johannes 15:20 het hy gesê: ‘’n Slaaf is nie groter as sy meester nie. As hulle my vervolg het, sal hulle julle ook vervolg.’

“Jesus het mense gesond gemaak, hulle kos gegee en hulle vertel van sy Vader en die toekomstige Koninkryk. As hulle hom vervolg en doodgemaak het, moet Jesus se volgelinge dan nie dieselfde verwag nie? Omdat ek vir my geloof vervolg word, is ek selfs meer oortuig dat wat ek glo, waar is!”