Spring na inhoud

20 MAART 2019
RUSLAND

Russiese hof laat een van drie Getuies van Jehovah wat in die tronk is, vry in Soergoet, Rusland

Russiese hof laat een van drie Getuies van Jehovah wat in die tronk is, vry in Soergoet, Rusland

Die stadshof van Soergoet het beslis dat broer Artoer Sewerintjik in aanhouding moes bly tot sy verhoor. Op 7 Maart 2019 het die appèlhof in Chanti-Mansijsk, Rusland, teen hierdie beslissing beslis. En op 15 Maart is hy toe uit die tronk vrygelaat.

Broer Sewerintjik is een van drie broers wat op 17 Februarie in aanhouding gesit is tot hulle verhoor nadat hulle huise deursoek is in Soergoet en Ljantor. Die hof het geweier om die ander twee broers, Jefgeni Fedin en Sergei Loginof, vry te laat.

Regerings en nuusagentskappe oor die hele wêreld hou die situasie fyn dop. Die Europese Hof van Menseregte het beveel dat ’n onafhanklike mediese ondersoek van broer Loginof gedoen moet word. Hy is fisies mishandel terwyl hy in aanhouding was.

Ons is dankbaar dat broer Sewerintjik vrygelaat is. Ons hou aan bid dat ons broers wat in Rusland in die tronk is, op Jehovah sal vertrou en sal onthou dat sy ondersteuning hulle nooit ‘sal laat wankel nie’. – Psalm 16:8