Spring na inhoud

Broers Jefgeni Fedin en Sergei Loginof

2 MEI 2019
RUSLAND

Russiese hof laat twee broers in die gevangenis in Soergoet vry

Russiese hof laat twee broers in die gevangenis in Soergoet vry

Op 9 April 2019 het die stadshof in Soergoet beslis dat broer Jefgeni Fedin en broer Sergei Loginof uit aanhouding vrygelaat moet word. Deur dit te doen, is die versoek van die Russiese owerhede om hulle aanhouding te verleng, afgewys. Hoewel die kriminele klagtes teen hulle nog steeds ondersoek word, is hulle toegelaat om die tronk op 11 April te verlaat.

Broer Fedin en broer Loginof is al van 15 Februarie 2019 in aanhouding. Hulle is in hegtenis geneem nadat Getuies se huise op groot skaal in die stad Soergoet deursoek is. By daardie geleentheid het die owerhede 19 Getuies krimineel aangekla. Drie van die broers, Jefgeni en Sergei sowel as Artoer Sewerintjik is beveel om in aanhouding te bly. Artoer is vroeër, op 15 Maart, vrygelaat.

Nadat hulle huise deursoek is, het die polisie sewe van ons broers, wat broer Loginof ingesluit het, ondervra en gemartel. ’n Klagte oor hierdie mishandeling is by die Europese Hof van Menseregte ingedien. Die klagte word nog ondersoek.

Ons vertrou dat Jehovah sal aanhou om te wys dat hy na ons gebede luister terwyl hy ons getroue broers en susters in Rusland versterk. – Psalm 10:17.