Spring na inhoud

Broer Waleri Moskalenko in ’n sel in die hof gedurende een van sy laaste verhore

30 AUGUSTUS 2019
RUSLAND

Russiese hof sal volgende week beslissing lewer in saak teen broer Moskalenko

Russiese hof sal volgende week beslissing lewer in saak teen broer Moskalenko

Regter Iwan Belich van die Zjeleznodorozjni-streekhof van Chabarowsk sal op 2 September 2019 die beslissing lewer in die kriminele saak teen die 52-jarige broer Waleri Moskalenko.

Broer Moskalenko is vanaf 2 Augustus 2018 in aanhouding voor sy verhoor. Op die oggend van 2 Augustus is hy gearresteer toe die Federale Veiligheidsdiens (FSB) en oproerpolisie sy huis deursoek het. Agente het broer Moskalenko se huis sowat vyf uur lank deursoek voordat hulle hom gearresteer het. Omdat hy meer as ’n jaar lank in aanhouding voor sy verhoor is, is ons bekommerd dat hy net soos Dennis Christensen skuldig bevind en tot tronkstraf gevonnis sal word.

Op 18 Desember 2018 is ’n klagte, Moskalenko v. Russia, by die Europese Hof van Menseregte (EHMR) gelê. Meer as 50 klagtes is teen Rusland by die EHMR ingedien, en die Russiese regering is al reeds van 34 van hierdie klagtes in kennis gestel.

Ons is trots op ons liewe Russiese broers en susters ‘as gevolg van hulle volharding en geloof ten spyte van al die vervolging en moeilike tye wat hulle deurmaak’. Dit is duidelik dat hulle Jehovah se ondersteuning en seën het. Ons bid dat hy sal aanhou om broer Moskalenko die krag te gee wat hy nodig het om met vreugde te volhard, maak nie saak wat die beslissing volgende week is nie. – 2 Tessalonisense 1:4.