Spring na inhoud

23 DESEMBER 2020
RUSLAND

Russiese hof verwerp broer Chasan Kogoet se appèl

Russiese hof verwerp broer Chasan Kogoet se appèl

Op 23 Desember 2020 het die Kemerowo-streekhof broer Chasan Kogoet se appèl verwerp. Sy oorspronklike opgeskorte vonnis van twee en ’n half jaar sal nou begin. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Al is Chasan teleurgesteld dat hy nou ’n kriminele rekord het, vind hy vertroosting in die wete dat hy lojaal aan Jehovah gebly het en sy goedkeuring het. Chasan en sy vrou, Jekaterina, saam met hulle agt-jarige seun, Timofei, is vasbeslote om aan te hou om Jehovah as ’n familie te dien.

Chasan het op 10 September 2020 in sy laaste woorde aan die hof moedig gesê: “Ek sal nie my geloof in Jehovah God opgee nie, en ek beskou dit as ’n misdaad om my te forseer om dit te doen! Ek staan vas in my godsdiensoortuigings. Maak nie saak wat met my gebeur nie, ‘nie die dood of die lewe of engele of regerings of dinge wat nou gebeur of dinge wat nog gaan gebeur of magte of hoogte of diepte of enige ander skepping sal ons kan skei van God se liefde nie’”. – Romeine 8:38, 39.