Spring na inhoud

Aleksandr en Anna Solowief

5 JULIE 2019
RUSLAND

Russiese hof vind broer Aleksandr Solowief skuldig

Russiese hof vind broer Aleksandr Solowief skuldig

Op Donderdag 4 Julie 2019 het die Ordzjonikidzefski-distrikshof in die Russiese stad Perm beslis dat broer Aleksandr Solowief skuldig is en hom ’n boete van meer as R66 000 gegee.

Broer Solowief is op die aand van 22 Mei 2018 by ’n treinstasie gearresteer. Hy was op pad huis toe nadat hy en sy vrou, Anna, oorsee was. Polisiebeamptes het broer Solowief geboei en hom na ’n tydelike detensie-sentrum geneem. Die polisie het vir suster Solowief ook weggeneem, maar in ’n ander motor. Polisiebeamptes het hulle woonstel regdeur die nag deursoek. Hulle het foto’s, elektroniese toestelle en Bybels afgevat.

Nadat hulle vir suster Solowief ondervra het, het hulle haar vrygelaat sonder om haar aan te kla. Maar ’n kriminele saak is teen broer Solowief gemaak, en op 24 Mei is hy onder huisarres tot 19 November 2018 geplaas. Terwyl hy wag om verhoor te word, het die owerheid verskeie beperkings op hom gestel.

Broer Solowief se prokureurs sal die beslissing appelleer. Hulle het ook ’n aansoek by die Verenigde Nasies se Werkende Groep teen Arbitrêre Opsluiting ingedien.

Terwyl ons al hoe meer in plekke soos Rusland vervolg word, word ons “in geen opsig deur [ons] teenstanders bang gemaak” nie. Ons vertrou dat Jehovah sal aanhou om ons te gee wat ons nodig het sodat ons kan volhard totdat sy groot dag van redding kom. – Filippense 1:28.